Description
Saartjie Baumann is ’n rabbedoe, maar sy besluit op ’n dag sy wil darem ook voel hoe dit is om ’n modepop te wees wat deur al wat ’n man is met bewondering aangestaar word. Sy en haar twee boesemvriendinne, Anna en Lina, kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie. Soos gewoonlik word die blouoog se gawe om slim planne te beraam ook tot die uiterste beproef.


