Liewe Heksie Vang Vis – Verna Vels

R25.00

Toestand: Goed (Boodskap voorin, Een bladsy is vuil,
Formaat: Hardeband
Bladsye: 64
Gepubliseer: 1978 (Vierde druk)  Human & Rousseau Uitgewers (Edms.) Bpk
ISBN: 0798103035

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MB146 Categories: , , ,

Description

Liewe Heksie is ’n fiktiewe karakter wat deur die Afrikaanse kinderboekskryfster Verna Vels geskep is. Haar regte naam is Levinia. Die karakter is ’n onbeholpe heksie wat saam met haar vriende in Blommeland woon. Die storielyn draai om Heksie se onvermoë om haar magte te beheer en haar naïwiteit wat ander mense dikwels as domheid bestempel.

Ander karakters is:

  • Blommie, heksie se beste vriend
  • Matewis, haar kat
  • Griet, haar perd (wat ook magiese kragte het wat deur die sleutelwoorde “O Griet!” opgeroep word)
  • Karel Kat, heksie se slim vriend uit die groot stad
  • Koning Rosekrans, die koning van Blommeland
  • Kwaaitjie, die koning se boodskapper
  • Kwaai Babatjie, bababoetie van Kwaatjie
  • Die Geel Heks, die slegte heks wat Blommeland wil oorwin
  • Die Gifappeltjies, die Geel heks se trawante

’n Kennelike storielyn van die reeks begin met Liewe Heksie wat iets wil regkry met haar magte, waarna die Geel Heks ’n nuwe plan beraam om Blommeland in te val en daar ’n reeks voordelige ongelukke ingespan word om haar te fnuik. Soms word Griet se magiese kragte ingespan wanneer Heksie ’n fout maak en per ongeluk sy sleutelwoorde sê (die woorde “O Griet” word baie sterk met Liewe Heksie assosieer). Dikwels berus die redding van Blommeland op die Silwer Roos, ’n magiese roos wat die paleis bewaak.

Die reeks het begin as ’n stel boeke vir kinders, maar is later op radio uitgesaai en met marionette verfilm vir ’n baie populêre SAUK-televisie reeks.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans