Description
Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die harde wereld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak. Na haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar uit: stemme klink op die wind uit die kameeldoringbos, en sy bevind haar in ‘n ondenkbare situasie. Versoening kom op onverwagte wyses, totdat sy haar kopdokter vind: die suidoos langs die branders by Bloubergstrand. ?Isabella ?is ’n deurdagte verkenning van ’n ongewone moederskap.










