Description
Die probleem met dinosorusse – Jaco Jacobs – vertel die prettige verhaal van ‘n kind wie se dinosourusvriende behoorlik kan raas! Hulle maak soveel lawaai dat selfs ‘n lekker nagrus onmoontlik raak. En wanneer hulle boonop saam skool toe gaan, raak dinge nog moeiliker.
Maar daar is een probleem: jy kan nooit lank vir dinosourusse kwaad bly nie!
‘n Lawwe, lawaaierige storie oor vriendskap en vergifnis, met vrolike illustrasies. Ideaal vir voorlees en beginnerlesers.












