Description
‘n Meesleurende sage. Die onlangse dood van haar ouers spook nog by Larissa Lategan. En al trap sy diep spore in die filmbedryf as draaiboekskrywer, bring dit nie ware vervulling nie. Miskien moet sy die plaas, Paradys, eerder verkoop. Maar daar is Herman om aan te dink. Hy met sy bos blonde hare en sy vierkantige skouers en sy sterk lyf en sy blou-blou oe. Herman wat besluit het om op die plaas agter te bly terwyl sy stad toe getrek het. Wanneer ‘n vreemde man egter een aand tydens ‘n storm op haar drempel beland, neem Larissa se lewe ‘n onverwagse wending. Want met sy eksotiese voorkoms en gespierde lyf maak die Justin emosies in haar wakker wat sy sukkel om te onderdruk.










