Koning Kalahari – Calvyn Van Niekerk

R50.00

Toestand: Goed
Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye:  116
Gepubliseer: 1985 Juventus
ISBN: 0868160520

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

‘n Hele trop buffels kan hier wegkruip, dink Melt benoud.

Hy sluk. Sy keel is droog. Hy sweet. As hy net geweet het waarna hulle soek. Hulle is deur die takke, ‘n oop stuk sand voor hulle, toe Melt skielik ‘n geluid hoor wat hom tot in sy tone yskoud laat word. Dis ‘n sagte, diep grom wat hy onmiddellik herken. Net één dier op aarde kan so grom.

Skuins voor hom steek sy pa in sy  spore vas, en op daardie oomblik spring die leeu…

Koning Kalahari is die dramatiese  en opwindende verhaal van ‘n besonderse leeu. Dit is ook die verhaal van jong Melt Fourie, Veronica Hotz en Lisa Knoetse.

Hier in die ruigtes van die bosveld word hulle lewens en die van geliefdes op aangrypende wyse deur die koms van die maanhaar Kalahari beïnvloed.

‘n Jeugroman vir seuns en dogters.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans