Description
Soetkersie se Wens – Pippa Le Quesne is deel van die Blommefeetjie-Maats-reeks, met pragtige illustrasies deur Cicely Mary Barker en ’n Afrikaanse vertaling deur Daniel Hugo.
Soetkersie is ’n skaam en stil blomfeetjie wat wens sy kan dans soos die selfversekerde Viooltjie-feetjie. Sy wil graag danslesse neem, maar moet eers die moed bymekaar skraap om daarvoor te vra. Wanneer mensekinders onverwags die tuin binnekom, word haar dapperheid op ’n heel ander manier getoets.
’n Lieflike feetjieverhaal oor selfvertroue, moed en die ontdekking van jou eie vermoëns.
Toestand: Goed.












