Description
Gee My Jou Hart deur Kim Bock is ’n historiese Kaapse romanse wat afspeel in die tyd van perde, koetse en Kaapse vryburgers.
Claudine D’Ailly woon in ‘n Nederlandse weeshuis wanneer sy ‘n huweliksadvertensie van die Kaapse boer Markus de Waal sien. Sy verlang na ‘n nuwe lewe en reis na die Kaap om sy bruid te word. Sy ontdek egter gou dat Markus nie in liefde glo nie en slegs ‘n vrou soek om vir hom ‘n erfgenaam te gee.
Hoewel Markus sterk gevoelens by Claudine wakker maak, weier sy om met ‘n liefdelose huwelik tevrede te wees. Sy verlede en die teenwoordigheid van die weduwee Isabeau Laurent maak sake nog ingewikkelder.
’n Romantiese verhaal met historiese Kaapse atmosfeer, hartstog en intrige.
Toestand: Goed












