Sale!

Die swye van Mario Salviati – Etienne van Heerden

Original price was: R75.00.Current price is: R60.00.

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  407
Gepubliseer: 2000 Tafelberg-Uitgewers
ISBN: 9780624037835

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

SKU: MB274 Categories: , , Tag:

Description

Ingi Friedlander, ‘n jong, gefrustreerde kunstenaar wat by ‘n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om ‘n gesogte beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop.

Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe le. Sy onttrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos dié van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aandra met haar wondermooi sangstem.

Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos ‘n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook ‘n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat die groot geheim met hom dra.

Die swye van Mario Salviati loop ‘n wye, meevoerende draai- van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloë en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika.

Dis ‘n roman oor gierigheid en versweë skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hul andersheid ly. Dit is ook ‘n roman oor kunstenaarskap en oor bevryding

Additional information

Taal / Language

Afrikaans