Regsalmanak: 100 Stories Uit Ons Regserfenis – Gustaf Pienaar

R85.00

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  400
Gepubliseer: 2018 Protea Boekhuis
ISBN: 9781485309390

Out of stock

Description

Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis is ’n keur uit die rubriek Regsalmanak wat Gustaf Pienaar sedert 2012 op gereelde grondslag vir LitNet lewer. Die 12 hoofstukke se titels is die 12 maande van die jaar, en elke maand het datumverwante verhale, telkens met ’n regsinhoud. Pienaar put uit gepubliseerde hofverslae vir hierdie vermaaklike dog leersame verhale.

Regter Burton Fourie, wat die voorwoord tot die boek skryf, beskryf Regsalmanak as volg: “Vir almal – jonk en oud – behoort hierdie publikasie van groot waarde te wees, veral om die implementering van regsbeginsels op praktiese vlak te ervaar. In hierdie opsig is die skrywer werklik ’n meester. Regsbeginsels word deur die gebruik van keurige Afrikaans verduidelik en toegepas. Daardeur word soms ingewikkelde regsbegrippe vir almal toeganklik gemaak. Derhalwe is die werk ’n hoogs genotvolle reis deur ons regsgeskiedenis.”

Additional information

Taal / Language

Afrikaans