Van Afrikaans gepraat – Christo van Rensburg

R60.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 155
Uitgegee: 2018 LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799384765

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R600.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

Soek mens na iets om oor te praat as jy oor Afrikaans wil gesels? Wat van Afrikaans se begin? En hoe die tale van die Ooste Afrikaans verryk het? Of miskien kan die ooreenkomste in taalgedrag van mense wat deur die eeue in townships gewoon het, aan die bod kom.

So kan daar ook na Afrikaans gekyk word. Van Afrikaans gepraat lei nog temas in. Daar is die verskeie trekke van Afrikaanssprekendes, Die belangrikheid van die trek van die agtiende eeu in die binneland in vir die maak van Afrikaans, is beslis ‘n gesprek werd. Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories. Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, en sy standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard. Om nie eens te praat van ‘n gesprek oor hoe ‘n voetsoolvlaktaal Afrikaans eers was nie, en dan is daar die vraag of die Kaap vroeër regtig Hollands was.

Wat is aan die gebeur nadat dié taal se eeu van waarheid aangebreek het, en hoe reflekteer sosiale veranderings in die taalgedrag van Afrikaanssprekendes?

Additional information

Taal / Language

Afrikaans