Description
Huisgenoot Wenresepte is ‘n immergroen Afrikaanse instelling – daar staan een of meer van hierdie gewilde kookboeke op ons almal se kombuisrakke.
Dié opgedateerde heruitgawe van Huisgenoot Wenresepte 3 volg dieselfde wenresep: gewilde, beproefde geregte, goedkoop en maklik om te maak, en absoluut eg Suid-Afrikaans.









