Description
Nataniël se beste kookboek ooit, met meer as 100 resepte – van handhappies en ontbyt tot heerlike gebak en nageregte.
Met uiteenlopende en buitengewone geregte soos chorisobrood, biltong-en-aarbeislaai, Frans-Italiaans-Meksikaans-Pretoria-panbredie en sprinkaankoek is dit ‘n pragboek vol verrassings.
Die besonderse ontwerp is in Nataniël se unieke styl, en weerspieël sy passie vir simmetrie, skoonheid – en, ja, rye…










