Description
Driekwart van alle lewende spesies op aarde is insekte! Hulle is belangriker vir ons wêreld-ekologie as alle ander diere saam.
Insekte is verreweg die interessantste en verbasendste leerskool wat die natuur bied, want hulle beskik oor tegnologiese vermoëns waarvan die mens net kan droom — soos vuurvliegies se koue lig en insekte se vliegme-ganismes.
lnseklopedie van Suider-Afrika is geillustreer met 1 000 volkleur-foto’s en 200 swartwit-illustrasies. Die hoofstukke dek die wêreld van ‘n insek, voortplanting, metamorfose, beweging, konstruksies en strukture, sig en lig, geluid en gehoor, reuk, aanpassings vir hitte en koue, superorganismes, die rol wat insekte speel en ‘n identifikasie- of veldgids.








