Madeliefie in Namakwaland – Nellie Alberts

R35.00

Toestand:  Goed
Formaat:  Klein formaat sagteband
Bladsye: 
 205
Uitgegee:  2021 LAPA Uitgewers
ISBN: 9780639609720

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.
SKU: V057 Categories: , , Tag:

Description

Madeliefie in Namakwaland – Nellie Alberts – Hanna maak ‘n plan … Die lewe het nie vir Hanna Dekker wafferse kaarte gedeel nie: Sy moes ‘n belowende loopbaan in die stad laat vaar om haar pa op ‘n Namakwalandse dorpie te versorg. Boonop los haar kêrel haar soos ‘n warm patat op ‘n stadium toe sy al trouklokkies hoor. Met haar hart aan skerwe, beur Hanna voort, maar nog ellende lê voor. Op onverklaarbare wyse het sy die onwillige leier van die dorpsgemeenskap geword, ‘n gemeenskap wat alles in ‘n ontwikkeling gaan verloor … tensy Hanna ‘n plan kan maak. Daniël Barnard, suksesvolle eiendomsontwikkelaar, het groot planne vir ‘n gehuggie langs die N7. Daarby gee die Turatara-projek hom ook ‘n kans om na sy wortels terug te keer en’n mislukte verhouding te ontsnap. Maar die voshaarmeisie agter die toonbank van Madeliefie, die bakkery, krap sake om. Gaan Daniël se standaardfilosofie – om nie by ontwikkelingslagoffers betrokke te raak nie – hom hierdie keer in die steek laat? Nellie Alberts is bekend vir haar unieke skryfstyl, eklektiese karakters en verwysings na popkultuur. ‘n Belangrike tema in die verhaal is alzheimersiekte. Die skrywer het baie navorsing oor die onderwerp gedoen en hanteer dié tema meesterlik.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans