Vergenoeg – Marita Van Der Vyver

R60.00

Toestand:  Redelik
Formaat:  Sagteband
Bladsye: 277
Gepubliseer: 2016 Tafelberg Publishers Ltd
ISBN: 9780624041269

Out of stock

Description

Hierdie verhaal speel af op ‘n fiktiewe dorp: Vergenoeg. Dit kan dalk “verweg genoeg” beteken, of miskiek ook “tevrede genoeg”. Maar dit maak nie te veel saak nie. Want dit gaan oor dogters, susters en moeders – ‘n titel wat uitnemend gerig is op vroue. Bella is die jonger, ‘sondige’ dogter. Sy is ‘n chanteuse in Parys. Sy het ‘n groot naam in Suid-Afrika. In Parys, egter, is sy net maar nog ‘n “performer”. Haar ouer, verantwoordelike suster, is San. San is die een wat die huishouding en die gemeenskap aan die gang hou – die goeie een. Hul moeder sterf aan kander. Nou gaan die twee susters die moeder, op haar versoek, tot die einde versorg in die ou huis op die dorpie Vergenoeg. Op ‘n vars manier word die keersy van die twee vroue se uiterlike blootgele: die eksotiese Bella lei eintlik ‘n armoedige lewe in Parys as sangeres in ‘n nagklub, terwyl de perfek-versorgde en beheersde San ‘n drankprobleem het. Dit is veral die onvermydelike konfrontasie tussen die twee susters dat hierdie ontluistering ‘n belangrike rol speel om hulle met mekaar, en ook met die dood van hulle ma te versoen. Deur hulle konfrontasie met siekte en dood word hulle in direkte kontak gebring met hulleself en mekaar sodat hulle gestroop word van alle illusies. Dit is dan veral ‘n roman oor die lyflike ervaring (ook van siekte en dood). Daar is aangrypende tonele waarin die bruin vrou Dollie Plaatjies vir die siek Adele sleep-dra na die badkamer, of San wat die liggaam van haar gestorwe ma omarm soos wat sy dit in haar lewe nie kon doen nie. Tog verstaan Marita van der Vyver hoe om met ‘n ligte hand selfs die swaarste dinge aan te raak. die sekstonele met Karel Kat – ‘n vroeere skoolkys wat Bella weer in die dorp raakloop – het steeds die lyf as fokus, maar verlig die intensiteit.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans