Description
Met stories wat afspeel in die huidige Namibie, die ou Duitswes, en aan die Kus van die Dood in die vroee agtiende eeu, voer Sarah du Pisanie haar leser mee in die langverwagte heruitgawe: die eerste omnibus van haar gewilde verhale. Met haar kenmerkende liefde vir Namibie, haar land van herkoms, skilder sy die woestynwereld so duidelik dat mens voel jy is self daar: saam met die rabbedoe Rina en dokter Pieter op die plaas buite Otjiwarongo in Liefde is ‘n Sprokie; saam met Chrissie as die gekoopte bruid vir die aantreklike baron Van Ludwiger in Erfgenaam vir die Baron; en saam met Marietjie Menanteau, wat vroeg in die agtiende eeu ontvoer is na die onherbergsame Kus van die Dood in Prins van die duine . . . Elkeen van die drie lekkerlees-liefdesverhale is ‘n treffer in eie reg.










