Omnibus 8 – Sarah du Pisanie

R95.00

Toestand:  Redelik
Formaat:  Sagteband
Bladsye: 442
Gepubliseer: 2004 (Eerste uitgawe) Melodie (Tafelberg)
ISBN: 9780624042488

Out of stock

SKU: LH1370 Categories: , ,

Description

Toe Annie Delport die oggend op Skurwekop as die nuwe onderwyseres aanmeld, word sy die eerste vrou wat die heiligdom van hierdie seunskool betree. Want Skurwekop se hoerskool bestaan slegs uit die skoolhoof, Bertus Kruger, en nog ‘n onderwyeser, Anton Fourie, en dertig lewenslustige tienerseuns! Bertus Kruger weier dan ook volstrek om haar as lid van sy personeel te aanvaar. Hy regeer die seuns met ‘n ysere hand en sien geen plek vir ‘n vrou op Skurwekop nie. Maar dan beland Bertus in ‘n penarie, want Anton Fourie raak ernstig siek en hy kan nie man-alleen vir al die seuns skoolhou nie. Hy moet die teenwoordigheid van Annie by die skool en in die koshuis noodgedwonge duld, maar hy weier om iets te doen om die lewe vir haar makliker te maak. Annie Delport is egter nie ‘n vrou wat weghardloop van ‘n moeilike situasie nie, en met ‘n hart vol menseliefde en ‘n onblusbare lewensvreugde begin sy die stryd om Bertus en die seuns te leer om mekaar te aanvaar, en om hulle te leer dat ‘n kind se skooldae ook daar is om geniet te word.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans