Description
By ‘n gebedsbyeenkoms op ‘n koue aand in Rotterdam word die jong klerk Aart Antonij van der Lingen – ‘n bleek, sieklike man – betower deur die charismatiese prediker Johannes Kicherer. Aangespoor deur Kicherer se passie voel hy hom geroepe om die evangelie te verkonding.
Hy verlaat sy grou, liefdelose bestaan en seil in 1800 na die Kaap van Goeie Hoop as ‘n missionaris. Elsa Joubert blaas lewe in Aart se handel en wandel uit die beperkte informasie wat in sy dagboeke, korrespondensie en ander dokumentasie gevind kon word.










