Description
Tussen Daniël Verryne en sy bankbestuurderseun, Schoonraad, lê ‘n onoorbrugbare kloof. Dit het ontstaan daardie Sondag toe Daniël Schoonraad en Josephine bo in die Meulekloof betrap het. Vas aan die slaap in mekaar se arms. Nakend. Dertien jaar se kloof wat hy nie kon toegooi nie, want sy hande was afgekap. Sy liefde vir Salomien het hom sterk én swak gemaak. Sterk genoeg om deur elke dorre dag te kom, maar magteloos om sy kind te beskerm teen Stanley Joubert, Salomien se man en Josephine se pa. Nou is Daniël vir die eerste keer in ses jaar weer op die plaas.
“‘n Sappige storie, breë kwashale, trane en tragiek, gelukkige einde [..] Beslis sy plek op die rak werd.”
Herman Wasserman in Die Burger
ANNELIE BOTES is die skrywer van die treffende roman Raaiselkind. Sy het grootgeword in Uniondale se wereld en woon tans in Port Elizabeth. As sy nie skryf nie, skuif sy graag in agter die orrel of die klavier.










