Description
Maja moet probeer aanpas by die lewe in ‘n padkamp in die Kavango na haar man, ‘n ingenieur, daarheen verplaas word. Hul verhouding word vertroebel deur Louis se onvermoe om sy weermagervarings te verwerk en die spanning in die kamp, waar die druk van spertye en die klomp mans wat met hulself opgeskeep sit, soms hand uitruk. Maar Maja het ook ‘n geheim wat sy vir Louis wegsteek.










