Description
Die tragiese saak van Pamina Vermaak – Annie Klopper
Toe Pamina Vermaak en dag by die werk uitfreak, verloor sy haar werk en toe sommer haar woonstel en haar kêrel ook – hulle sê mos die moeilikheid kom in drieë.
Noodgedwonge sit sy toe maar sak en pak af terug na haar ma-hulle toe op die klein Weskus dorpie Witwaterbaai – ‘n plekkie wat sy gesweer het sy nooit weer gaan sien nie.
Nog ‘n karakter is terselfdertyd ook op pad na Witwaterbaai – die van rockster Wolf de Jager, wat die paparazi probeer ontduik na sy verloofde, bekende aktrise Daniella du Toit, hom verneuk het en fotos van die petalje na die pers uitgelek het.
En daar loop die twee mekaar toe raak ..
Dié tweedehamdse boek is in ‘n baie goeie toestand.









