Description
Hoe ontstaan stories, en waarom? Dit is die vrae wat die skeppende skrywer besig hou. Wat is die voorwaarde vir die skryf van fiksie? Nood, dwang, ‘n luisteraar, ‘n geleentheid, ‘n retoriek. In Die sneeuslaper word die betekenis van die vertelkuns op magiese wyse deur vier verweefde verhale oor vriendskap vergestalt. Dit is die aanvanklike gebrek aan begrip vir ‘n vriend of medemens wat aangrypend deur die spreker in elke verhaal onthul word (nie sonder humor nie), en wat uiteindelik ’n loutering teweegbring – in verteller en leser.










