Die Opstand van Poppie Nel – Hans du Plessis

R60.00

Toestand: Redelik (Baie ligte vogskade aan bokant van bladsye) 
Formaat: 
Sagteband
Bladsye: 232
Uitgegee: 2020 LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799399899

Out of stock

SKU: C0741 Categories: , , , Tag:

Description

Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig.

Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel …

Nou ja. Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans