Description
“Ek ken die familiegeheim.”
Amanda Griffin is ‘n voortvlugtige. Sy het agt jaar gelede verdwyn nadat sy ooggetuie was van ‘n verskriklike misdaad. Nou dink haar familie sy is dood, maar sy is terug … desperaat op soek na ‘n manier om haar geliefdes te beskerm.
“Betaal my om weg te gaan.”
Superintendent Luke Granger is vasbeslote om uit te vind wie Amanda en haar susters bedreig. Die gevaar dreig van alle kante; daar is nie meer baie tyd oor nie, en Luke moet alles op die spel plaas.
Superintendent Granger en moordspeurders Connor en Marsh sal enigiets doen om die drie Griffin-vroue te beskerm. Dit is nie meer net professioneel nie — dit is persoonlik. Maar daar bestaan ‘n moontlikheid dat ten minste een van hulle sal misluk … En om die dreigende gevaar te trotseer gaan ‘n groter geloof vra as wat enigeen van hulle op die oomblik het.










