Description
Keurboslaan #2
Die tweede titel in die immer gewilde Keurboslaanreeks. Die nuwe skooljaar op Keurboslaan bring gerugte van ’n gemaskerde rower wat die omgewing terroriseer. Dr. Roelof Serfontein doen sy bes om die rower te help vastrek, veral om die invloed wat dit op die verbeelding van die avontuurlustige skoolseuns het, te bekamp. Daar is heelwat nuwe leerders, ook Flip, ’n seun wat van die huis weggeloop het en onder iemand anders se naam by die skool aansluit. Eugéne Krynauw, nou sestien jaar oud, en sy vriende is ook gedurig in die moeilikheid.





