Raaiselsee – Troula Goosen

R80.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 160
Gepubliseer: 2020 Human & Rousseau
ISBN: 9780798181006

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Raaiselsee – Troula Goosen – Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa . . . Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die wrak van die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie­, avontuur­ en spookverhaal is.

Vind meer Afrikaanse kinderboeke.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans

Bladsye / Pages

160

Formaat / Format

Sagteband / Paperback

Outeur / Author

Troula Goosen

Jaar gepubliseer / Year published

2020, 2020's

Toestand / Condition

Baie goed / Very good

Uitgewer / Publisher

Human & Rousseau