Description
Daar kom ‘n tyd deur Ettie Bierman is ‘n Afrikaanse liefdesroman oor liefde, verlies en ‘n onverwagte nuwe begin. Ná ‘n toevallige ontmoeting trou Marinda met Wynand Meiring, maar kort ná hul troue slaan die noodlot toe en haar drome spat aan skerwe. Sy moet hulp aanvaar van Hugo, haar oorlede man se broer en mede-eienaar van die Bosbok-Motel. Hugo is egter verbitterd en wantrouig en glo Marinda is ‘n fortuinsoeker. Terwyl Marinda probeer om haar voete weer te vind, ontdek sy ook nuwe dinge oor Wynand se lewe en die mense om hom.
Toestand: Redelike toestand – stofomslag toon ligte verweer.











