Description
Felina Kat, geheime agent deur Louise Smit is ’n avontuurlike Afrikaanse kinderboek oor Timo, ’n geheimsinnige nuwe vriendin en ’n kosbare blou diamantring wat gesteel is. Felina Kat is geen gewone kat nie – sy is ’n geheime agent wat enige misdaad kan oplos.
Saam met speurder Skote Petoors moet Felina en Timo die leidrade volg en die skurke probeer vastrek. Met illustrasies deur Zinelda McDonald is dit ’n lekker keuse vir vaardige beginnerlesers wat van avontuur, raaisels en humor hou.
Toestand: Uitstekend – soos nuut.







