Die Tuin van die Profeet – Kahlil Gibran

R40.00

Toestand: Goed
Formaat: 
Hardeband
Bladsye: 84
Uitgegee: 1979 Van Schaik
ISBN: 0627010938

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R450.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.
SKU: AD157 AD512 Categories: , , Tag:

Description

Almustafa, die Profeet, keer in hierdie boek terug na die eiland waar hy gebore is. Hy het veel ervaar, en in sy tuin deel hy sy boodskap en wysheid met sy volgelinge.

Wat hy sê, mag in prosavorm geskryf wees, maar inwese is dit poësie. Die tuin van die Profeet was Gibran se laaste werk — die boek waaraan hy nog gewerk het tot die dag voor sy dood. Dit was die tweede in ‘n trilogie wat hy beplan het: Die Profeet, Die tuin van die Profeet, Die dood van die Profeet.

Al drie hierdie boeke sou verhoudings tot tema hê: Die eerste sou handel oor die mens se verhouding tot sy medemens; die tweede oor die mens se verhouding tot die natuur; die laaste oor die mens se verhouding tot God. Ironies genoeg het hierdie laaste werk deur die tussenkoms van die dood ongeskrewe gebly.

Die tuin van die Profeet het die wêreld oor gelief geraak omdat dit nie ‘n klompie uitgedinkte wysgerige gedagtes is nie. Dis die bymekaarbind van ‘n fyn voelende gees se ryke oes aan liefde, begrip en wysheid.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans