Sale!

As Dit Proe Soos Liefde – Didi Potgieter

Original price was: R75.00.Current price is: R52.50.

Toestand: Goed (Die bladsye is skoon, sonder enige vlekke of notas, en die bindwerk is nog stewig. Daar is een bladsy warvan die hoekie omgevou was)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 304
Gepubliseer: 2018 LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
ISBN: 9780799387803

Out of stock

Description

In As Dit Proe Soos Liefde – Didi Potgieter keer Lisa Steyn ná ses jaar terug Suid-Afrika toe om Carel de Villiers se huwelik te stop. Sy het net vier weke tyd. Maar sy hou nie rekening met Carel se broer Johann nie. Dit was hý wat haar destyds Londen toe gestuur het sodat sy weg van Carel kon wees.

Toe sy Tafelberg weer sien, is die herinnering aan die pyn wat sy destyds ervaar het, baie fel. Nie net liggaamlik ná haar ongeluk toe nie, maar ook emosioneel. Maar gelukkig lyk die prentjie nou anders. Sy is gereed om haar regmatige plek te eis. Haar wonde en hart het intussen genees. Londen het immers alles gebied wat sy nooit in Suid-Afrika gehad het nie. Sy het mense ontmoet wat nader as familie geword het. Sy is die skepper van ’n baie gewilde blog en het twee boeke uitgegee.

Haar huis in Italië wag op haar waarheen sy kan terugkeer sodra haar sake op die De Villierse se wynplaas Assordante afgehandel is. Lisa se aansoek as versorger vir Carel en Johann se pa wat ’n beroerte gehad het, is suksesvol, en sonder dat sy dit beplan het, verander dit die koers van haar lewe …

Additional information

Taal / Language

Afrikaans