Description
In Eendagmooi raak Kristel Loots ‘n eietydse probleem aan: egskeiding. Soms wil dit lyk asof die liefde en die huwelik soos ‘n eendagmooi is. Dit blom kortstondig en verwelk oornag. Maar die seer strek ver en wyd en diep.
‘Eendagmooi is nie candyfloss nie, maar dis steeds ‘n lekkerlees-boek. Dis Kristel op haar beste, die humor is vars, skerpsinnig en hedendaags, die karakters is deurleef en geskakeerd en die leser kan nie onbetrokke bly nie. Van skaterlag tot die stille wegpink van ‘n traan – dis alles daar. En die sensualiteit sal ‘n bus se vensters toewasem.










