Herfsmelodie – Marilé Cloete

R35.00

Toestand: Baie goed (Soos nuut. Die bladsye is nuut en skoon en sonder merke of vlekke)
Formaat: Sagteband
Bladsye: 208
Uitgewer: 2020  LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
ISBN: 9780639600238

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Oor Herfsmelodie – Marilé Cloete:  Het hy haar liefde nodig om homself weer te vind? Sunet en Bertie het as hoërskoolleerders in die KleinKaroo deel geword van die uitgebreide vriendekring . Sy ousus Roelien en haar pa Herman is ook deel van dié kring. Hulle verhouding was ongekompliseerd en speels dwarsdeur hul studentejare, maar hul emigrasie as verloofdes het nie vir albei glad verloop nie.

Nou is Sunet terug in Suid-Afrika en terug in die KleinKaroo, veilig in die vriendekring en gevestig in haar beroep as landbounavorser. Dis onvermydelik dat sy soms via Roelien iets van Bertie sal hoor, maar andersins het sy hom uit haar lewe gesny. Wanneer Bertie egter met sy twee onhanteerbare seuntjies terugkeer na sy ousus se huis, word Sunet se lewe omvergegooi. Sy kom gou agter hy is nie meer die onbesorgde jongeling wat sy liefgehad het nie. Dit lyk nie of hy sy getraumatiseerde kinders kan hanteer nie en die tragiese dood van sy vrou het hy nog glad nie verwerk nie.

Omstandighede dwing Sunet om Bertie en die seuntjies te nooi om haar huis te deel tot hy ‘n eie plek kan aanskaf. Hier ontdek albei dat ou liefde inderdaad nie so maklik roes nie en dat die moeilike tweeling eintlik net stabiliteit kortgekom het.

Vind meer liefdesverhale en Romanza’s hier.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans