Description
Baie professore lewer afskeidslesings. Uittredende professore word gevra om hul lewe in oenskou te neem en te praat oor wat hulle die naaste aan die hart le. En terwyl hulle praat, kan die gehoor nie help om oor dieselfde vraag te tob nie: Watter perels van wysheid sou ons met die wereld wou deel as ons geweet het dis ons laaste kans? Wat sou ons wou nalaat as ons more van die aardbol af verdwyn? Toe die skrywer, ‘n professor in rekenaarwetenskap aan Carnegie Mellon, genooi is om die laaste woord te spreek, was dit nie vir hom nodig om hom te verbeel dat dit sy laaste lesing was nie, aangesien hy kort tevore moes hoor dat terminale kanker by hom gediagnoseer is. Maar die lesing wat hy gelewer het getitel ‘Hoe om jou kinderdrome te verwesenlik’ het nie oor die dood gehandel nie. Dit het gegaan oor hoe belangrik dit is om struikelblokke te bowe te kom, ander mense se drome vlerke te gee en elke oomblik met oorgawe te leef (want ‘tyd is al wat jy het . . . en eendag mag jy dalk net ontdek dat jy minder tyd het as wat jy gedink het’). Dit was ‘n voelvlug oor alles wat Randy glo. Dit het gehandel oor die lewe.







