Description
Die A-Z Van Die Groentetuin in Suid-Afrika – Jack Hadfield vir die kweek van jou eie groente, is gebaseer op praktiese ervaring en ‘n intieme ervaring van plaaslike groeitoestande.
Deel 1 verskaf praktiese advies:
- oor die ligging en uitleg van die groentetuin; grond- en voedingstowwe;
- tuinbeplanning en wisselbou;
- gereedskap en toerusting;
- natmaak,
- verbouing en onkruidbeheer;
- siektes en hul beheer;
- saad,
- saai en uitplant;
- houertuine,
- en die gebruik van plastiek in die groentetuin.
In Deel 2 word die algemene, asook ‘n aantal ongewone soorte groente volledig en sistematies in alfabetiese volgorde bespreek, asook:
- Waardevolle inligting oor kultivars,
- grondvoorbereiding,
- voortplanting,
- saai,
- uitplant,
- oes
- en plae en siektes word ingesluit.
Dit word gevolg deur kort beskrywings van kruie wat gewild is in die kookkuns. Ten slotte verskaf die bylaes inligting oor die kweek van slaaispruite en volledige en waardevolle advies oor skougroente. Of jou tuin ‘n kleinhoewe of in die patio van ‘n meenthuis is, Die A-Z van die Groentetuin in Suid-Afrika is ‘n noodsaaklike handleiding waarin jy alles sal vind wat jy moet weet om dwarsdeur die jaar suksesvol jou eie groente te kweek.
Karin se keuse: Die boek is perfek vir daardie leser wat graag hulle eie groente wil kweek, maar nie weet hoe en waar om te begin nie. Boonop is die boek in ‘n baie goeie toestand.









