Verskroeide Aarde – Fransjohan Pretorius (Redakteur)

R400.00

Toestand: Nuut
Formaat: 
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 272
Uitgegee: 2017 (Tweede uitgawe) Tafelberg
ISBN: 9780624079668

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Meer as ‘n honderd jaar na die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, spook die nadraai van die verskroeideaardebeleid, en veral die konsentrasiekampe, steeds by talle Suid-Afrikaners. Derduisende vroue, kinders en bejaardes — wit en swart — is in die kampe dood.

Hierdie nuut opgedateerde, ryklik geillustreerde uitgawe van Verskroeide aarde bied ‘n sober blik op die hoogs omstrede Britse beleid. Onder redaksie van Fransjohan Pretorius skets ons voorste historici ‘n aangrypende en insiggewende beeld van die daaglikse lewe in die konsentrasiekampe en die lotgevalle van die uiteenlopende mense wat ten diepste geraak is. Verskroeide aarde verken nuwe perspektiewe wat nou, na meer as ‘n eeu, moontlik is. Dit werp vars lig op een van die mees omstrede aspekte van ‘n deurslaggewende oorlog wat Suid-Afrika se geskiedenis tot vandag toe beinvloed.

Verskroeide Aarde neem die beleid van Roberts en Kitchener en die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog onder die loep. In samehang met die gelyknamige TV-dokumenter van Herman Binge gee prof. Pretorius en ‘n groep geskiedkundiges ‘n aangrypdende en diep-reikende beeld van die kampe wat so ‘n verdelende invloed gehad het op die verdere verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Teen die einde van die oorlog was daar 34 konsentrasiekampe vir die Boere se bejaardes, vroue en kinders. Daar was altesame 110 000 gevangenes in dié kampe. Daarnaas was daar 60 Britse kampe waarin 115 000 swartes gehou is. Die sterftesyfer in hierdie kampe was minstens 14 000. Altesame 27 927 Boere is in die konsentrasiekampe dood, waarvan 22 000 onder die ouderdom van sestien.

Verskroeide Aarde wil die agtergrond tot hierdie kampe skets en aan die hand van historiese dokumentasie ‘n helder beeld gee van die lewe in die konsentrasiekampe. Dit bevat fotomateriaal waarvan heelwat nog nooit tevore gepubliseer is nie. Hierdie boek is onmisbaar vir ‘n begrip van die trauma van die kampe — asook die voortslepende bitterheid wat dit ontketen het by geslagte Suid-Afrikaners daarna.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans