Tannie Pompie Se Oorlog – In Die Driehoek Van Die Dood – Deon Lamprecht

R110.00

Toestand:  Goed
Formaat:  Sagteband
Bladsye: 224
Gepubliseer: 2015  Tafelberg-Uitgewers
ISBN: 9780624054191

Out of stock

Description

In Pompie van der Westhuizen se plaaskombuis buite Tsumeb het die skote nooit geklap nie. Maar die oomblik wanneer sy agter haar weermagradio’s ingeskuif het, het die Grensoorlog om haar begin woed.

Hierdie aangrypende boek vertel die ware verhaal van die boeregemeenskap van die sogenaamde Driehoek van die Dood in Suidwes en hoe hulle by die oorlog ingetrek is. Swapo-insurgente het die land jaarliks deur dié gebied binnegesypel om sagte teikens aan te val.

Deon Lamprecht herskep die gebeure om ’n Swapo-hinderlaag in die gebied met ’n onmiddellikheid wat jou aan die keel gryp. Hy beskryf dit vanuit die perspektief van kommandant Roland de Vries, bevelvoerder van 61 Meg, die burgerlike vrywilligers en tannie Pompie, wie se man en skoonseun in die hinderlaag was.

’n Spannende en diep menslike storie wat wys daar is geen wenners in ’n oorlog nie.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans