Robey Leibbrandt: ‘n Lewe van Fanatisme – Albert Blake

R260.00

Toestand: Nuut
Formaat: Sagteband
Bladsye:  240
Gepubliseer: 2019 Jonathan Ball Publishers SA
ISBN: 9781868429783

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

‘n Epiese reis in ‘n klein seiljag van Frankryk tot aan die Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wêreldoorlog, sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ‘n sluipmoord om die lewe te bring . . . In die vroeë 1940’s is die Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Sy ekstremisme, opvlieëndheid en onverdraagsaamheid was tipies van ‘n politieke fanatikus.

Leibbrandt het ‘n aanhanger van Nasionaal-Sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika in Berlyn aan die Olimpiese Spele gaan deelneem het. Hy was besig met opleiding in Europa toe die oorlog uitbreek. Die Duitse militêre intelligensiediens het hom kort daarna gewerf om sabotasieopleiding te ontvang.
Die Duitsers het Leibbrandt teruggestuur na Suid-Afrika as deel van Operasie Weissdorn. Sy missie? Om die militante deel van die Afrikaner-opposisie te werf en met hulle hulp skeeps- en haweinstallasies, asook nywerhede, te vernietig, en om oproer in die Uniemagte te stook.

Dit was nie lank nie of die polisie was op Leibbrandt se spoor en hy is ná een van die grootste polisiesoektogte in hegtenis geneem.
Sy hoogverraadsaak in 1943 en 1944 het hoofopskrifte gehaal.
Dié biografie werp nuwe lig op hierdie enigmatiese historiese figuur en wat sy fanatisme aangevuur het.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans