Description
Josefskleed – Wynand du Toit: Du Toit vertel van sy lewe na die weermag en van die stryd van hom en baie ander soldate om aan te pas en in te skakel by ‘n Suid-Afrika wat oudsoldate dikwels misken en die verraad op politieke vlak deur ministers en andere wat gerieflik met vet pakkette weggestap het, terwyl baie oudsoldate van die hand na die mond moet lewe.
Hy pas ook die laaste stukkies in die legkaart van waarom die operasie in Angola waarin hy gevangene geneem is dalk deel was van ‘n groter politieke spel wat agter die skerms gespeel is.









