Description
Groter Suid-Afrika: Planne vir ’n beter wêreld bevat toesprake deur generaal J.C. Smuts en bied ’n interessante blik op sy denke en perspektief op Suid-Afrika en die wêreld in die vroeë 1940’s.
Hierdie historiese publikasie uit 1941 is ’n waardevolle versamelstuk vir belangstellendes in Suid-Afrikaanse geskiedenis, J.C. Smuts en Afrikaanse geskiedkundige werke.
Toestand: Goed – die boek is in goeie toestand. Die stofomslag toon tekens van verweer. Daar is ook ’n papier met ’n geskenkinskrywing binne-in die boek ingeplak.
Karin se Keuse: ’n Besonderse aanwins vir Karin’s Treasures. Hierdie boek se waarde lê nie bloot in sy ouderdom nie, maar ook in die historiese insig wat dit bied in Suid-Afrika se verlede.
Karin se nota: Die boek is so skoongemaak, maar verdere pogings mag moontlik tot verdere beskadiging van die stofomslag lei.















