Die Groot Afrikaanse Familienaamboek – C. Pama

R275.00

Toestand: Goed (Naam voorin geskryf)
Formaat: 
Hardeband met stofomslag
Bladsye: 380
Uitgegee: 1983 Human en Rousseau
ISBN: 0798116188

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Reeds vanaf die stigting van die nedersetting aan die Kaap in die middel van die sewentiende eeu was daar onder die bewoners ‘n sterk gevoel vir familieverband. Met die groei van die Afrikanernasie het hierdie familiegevoel en ‘n intense belangstelling in die voorgeslagte en hul herkoms steeds sterker geword. Die familiebewuste Afrikaner soek daarom noukeurige antwoorde op vrae soos: Wat beteken my van? Het ons ‘n familiewapen? Hoe lyk dit?

Die Groot Afrikaanse Familienaamboek is die eerste publikasie wat die Afrikaanse leser in band op maklik verstaanbare wyse en sonder ingewikkelde genealogiese tabelle alle inligting gee oor die betekenis van sy van, die naam van sy stamvader en sy herkoms, wanneer hy in Suid-Afrika aangekom het, wat sy beroep was, met wie hy getroud was, en nog baie meer. Sowat 3 000 Afrikaanse families word in hierdie omvattende en gesaghebbende werk bespreek.

Daarbenewens word sowat 450 wapens in volle kleur afgebeeld, met ‘n volledige beskrywing van elke wapen, asook afdrukke van die handtekeninge van sowat 350 stamvaders soos dit op argivale dokumente verskyn. Die boek se waarde word verhoog deur ‘n uitgebreide inleiding oor die herkoms van vanne en familiewapens, oor die egtheid van wapens, en hoe om ‘n wapen te laat registreer.

Die Groot Afrikaanse Familienaamboek is geskryf deur Suid-Afrika se voorste kenner op die gebied van die genealogie en heraldiek. Geen koste en moeite is ontsien met die kontrole van die tienduisende feite in hierdie monumentale werk nie. Dit sal ongetwyfeld tot in die verre toekoms bly staan as dié standaardwerk oor die Afrikaner en sy voorgeslagte en ‘n gesogte stuk Africana word wat van geslag tot geslag as ‘n trotse besitting bewaar sal word.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans