Broedertwis – Alf Ries & Ebbe Dommisse

R60.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  200
Gepubliseer: 1982 Tweede druk Tafelberg
ISBN: 0624017923

Out of stock

Description

Die dieper redes vir die grootste splitsing in die Nasionale Party in ‘n halwe eeu-die skeuring van 1982 word pakkend saamgevat deur twee top-joernaliste en politieke kommentators, en ‘n verhaal ontvou van intriges, geheime vergaderings, botsings in binnekringe en agtergeslote Kabinetsdeure.

‘n Indringende relaas word gegee van ou vetes tussen leiersfigure aan weerskante, met pynlikhede van die verlede wat gedreig het om weer uit te bars en die openbare lewe te ontsier. Daar was ook frustrasie verskynsels van parlementêre veterane wat lange jare op die Volksraad se banke gesit het sonder om bevorder te word.

Bowenal was daar n fundamentele botsing oor die gang van die Suid-Afrikaanse politiek vorentoe: inwaarts of uitwaarts; die deel van vryheid met die bruinmense, of terug na’n verlede waarin absolute skeiding nie gewerk het nie; medeseggenskap of ‘n vaskleef aan blanke oppergesag om die verskille op die spits tedryf, het baie jare geduur, jare van struwelinge en kwaaie woorde. In wyer verband het die botsing deel uitgemaak van die akute twintigste-eeuse wêreldprobleem om etniese verskille te oorbrug sonder om dit te misken; om die drang na selfwees en die eie te versoen met vriendskap en medemenslikheid.

Vir Suid-Afrika, meermale beskou as ‘n mikrokosmos van die wêreld se probleme, het die botsing verreikende gevolge ingehou. Broedertwis gaan haal die rusie by ver oorspronge: Cottesloe, die Hertzog-skeuring, die Inligtingskandaal, die Bolsgrap, Marble Hall.

Interessante insidente kom nou vir die eerste keer aan die lig, soos die bedanking van twee ministers uit die Kabinet. ‘n Relaas van diepe onenigheid, maar ook van dramatiese leierskap.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans