Handgemaak vir die huis – Deborah Morbin, Tracy Boomer

R70.00

Toestand:  Goed
Formaat:  Sagteband
Bladsye: 
160
Uitgegee:  2004 Metz Press
ISBN: 9781919992082

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R450.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

Die skrywers deel hier met jou hulle hope ervaring met deeglik getoetste tegnieke en wys jou hoe om jou huis met oorspronklike en stylvolle bykomstighede mooi te maak. Die idees wat hulle bespreek dek verskeie ontwerpstyle sodat dit by jou bestaande dekor sal pas, van rustieke blomme tot minimalistiese wit, of ryk barok-kleure en -teksture. Lieflike kleurfoto’s van elke voltooide artikel word vergesel van praktiese raad oor die keuse van materiaal en afwerkings, asook wenke om enige slaggate en probleme te vermy, en verdere dekorvoorstelle. Die projekte is treffend, dog maklik om aan te pak en sluit ‘n groot verskeidenheid artikels in, van kerse wat binne vyf minute versier kan word tot ‘n omgetowerde werkbank vir jou studeerkamer. Tegnieke wat gebruik word wissel van vinnige servet-decoupage tot piouter- en mosaiekwerk, alles kristalhelder verduidelik met voorgestelde alternatiewe. Hierdie titel is propvol idees en inspirasie en sal jou help om styl en karakter tot jou huis toe te voeg sonder dat jy ‘n bank hoef te beroof!

Additional information

Taal / Language

Afrikaans