Description
Brei – Martie Lochner – die vermoe om unieke handwerkartikels te skep, hetsy as geskenk of vir eie gebruik, is meer werd as die aanskaffing van massamark-artikels. Brei gee die beginner en meer gevorderde brei-entoesias kans om byderwetse, praktiese items vir vriende of vir eie gebruik te skep.
Die projekte wissel van ‘n snoesige deken tot moderne servetringe, gebrei met gewone wol en selfs leer! Die titel bevat eenvoudige patrone wat gou en maklik brei – geen ingewikkelde of tydrowende patrone, afkortings of reels oor spanning nie. Daar is ook ‘n hele afdeling wat meer vertel oor die kies van breibenodighede, basiese brietegnieke and hoe om vir verskillende tipes wol te sorg.
Die titel bewys weer dat brei eenvoudig, toegangklik en mooi kan wees.
Vind meer tweedehandse stokperdjie-boeke hier.








