Sale!

Van Die Kaap Tot Kilimandjaro: ‘n Voetspore-reis – Johan Badenhorst & Rey Janse van Rensburg

Original price was: R70.00.Current price is: R49.00.

Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye:  240
Gepubliseer: 2007 Huamn & Rousseau
ISBN: 9780798148450

Out of stock

Description

In Van die Kaap tot Kilimandjaro vertel regisseur Johan Badenhorst onderhoudend van die Voetspore-span se derde reis deur Afrika. Kaapstad met sy kenmerkende berg is ‘n geskikte vertrekpunt. Van daar met die 4X4-Nissans deur die Sederberge, oor Verneukpan, deur Kgalagadi en die Kalahari, dan in Botswana deur die poort tot die Okavango-delta, die Chobe-wildparadys, Barotseland op die vloedvlaktes van die Zambezi, en dan oos deur Zambie en Malawi. Deur die ongerepte woude in die noorde van Mosambiek ry die span tot by die kus waar met ‘n dau gevaar word na die eiland Ibo met sy ou Portugees-koloniale geboue en silwersmede wat op ‘n primitiewe manier met handgereedskap en ‘n mondblaasbalk juweliersware maak. Verder noordwaarts deur die Selous-wildtuin tot by die polsende stad van Dar-es-Salaam. Dan ‘n besoek aan Zanzibar, eksoties, speseryryke eiland, voor hulle wes draai na die Ngorogoro-krater met sy unieke, volmaakte ekosisteem, en die Serengeti. Hul laaste staning word gemaak in Amboseli, Kenia, met ‘n wonderlike uitsig op Kilimandjaro, die hoogste berg in Afrika. En soos gewoonlik word daar langs die pad gekamp, gekook, vasgesit, losgekom, gekuier, gekyk, en net eenvoudig geniet. Leuenstoel-avonturiers en 4X4-eienaars deel in die opwinding, terwyl hulle meer te wete kom oor Afrika en sy unieke besienswaardighede

Additional information

Taal / Language

Afrikaans