Die einde van verslawing – Dr. Volker Hitzeroth & Dr. Liezl Kramer

R70.00

Toestand:  Goed
Formaat:  Sagteband
Bladsye: 
262
Uitgegee:  2010 Human & Rousseau
ISBN: 9780798151702

1 in stock

🚚 Free Pudo/Paxi shipping on orders above R450.00.
📦 Available for Pretoria Local Pickup (Equestria) or Nationwide Shipping.
For security reasons, collection is by appointment only. Address/Pin will be shared once your time is confirmed.

Description

Die Einde van Verslawing – Dr. Volker Hitzeroth & Dr. Liezl Kramer

DIE EINDE VAN VERSLAWING gee ‘n deeglike uiteensetting van verslawing en die behandeling daarvan. Hierdie boek belig die feit dat drank- en dwelmmisbruik nie te doen het met swakheid nie, maar dat dit ‘n komplekse interaksie is van biologiese, psigologiese en sosiale faktore.
Sonder om verslaafdes te verdoem, verskaf dr. Hitzeroth en dr. Kramer praktiese en toepaslike raad. Die boek sal vir verslaafdes, sowel as hul familie, vriende en gesondheidswerkers, van groot waarde wees.
Dr. Liezl Kramer gradueer aan die Universiteit Stellenbosch as ‘n algemene praktisyn. Daarna voltooi sy ‘n M.Sc. in Dwelms en Alkohol: Beleid en Intervensies aan die Universiteit van Londen. Sy het ‘n privaat praktyk en konsulteer ook by ‘n rehabilitasiesentrum vir binnepasiënte in Kaapstad.
Dr. Volker Hitzeroth studeer nagraads in psigiatrie aan die Universiteit Stellenbosch. Daarna praktiseer hy in psigiatrie in Brittanje, en in hierdie tyd ontstaan sy belangstelling in dwelm- en alkoholverslawing. Hy voltooi ‘n M.Sc. in Dwelms en Alkohol: Beleid en Intervensies aan die Universiteit van Londen. In 2006 keer hy na Kaapstad terug, waar hy privaat praktiseer.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans