Wat Praat Jy! – Johanna de Wet

R130.00

Toestand:  Baie goed
Formaat:  Sagteband
Bladsye: 
500
Uitgegee:  2014 Protea Boekhuis
ISBN: 9781869195403

Out of stock

Laat weet my wanneer beskikbaar / Notify me when available

Description

Wat Praat Jy! bevat meer as 20 000 Afrikaanse gesegdes, vaste uitdrukkings en idiome. Hierdie vaste uitdrukkings, gesegdes en idiome word met ‘n eenvoudige voorbeeldsin verklaar. Dit word verder toegelig deur aan te dui van watter taal die uitdrukking of woord afkomstig is.

C.J. Langenhoven het ‘n groot bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat gemaak en De Wet toon ook aan wanneer ‘n uitdrukking van hom afkomstig is. Heelwat spreekwoorde is afkomstig van die Bybel. Wat Praat Jy! is ‘n besondere naslaanwerk. Johanna de Wet het na haar aftrede as onderwyseres in 1996 ‘n doktorsgraad in die psigo-pedagogiek behaal.

Haar belangstelling in die Afrikaanse taal en geskiedenis het gelei tot die samestelling van ‘n aantal boeke, waaronder die kinder-trilogie Dierestories, Heldestories en Afrikastories en Hoopstad se mense onthou met waardevolle herinneringe aan die geskiedenis en karakters van die dorp. Sy woon steeds op Hoopstad waar sy haar aan haar skryfwerk wy.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans