Description
‘n Waterpunt in jou tuin is voorwaar ‘n oase midde-in ‘n verskriklike buitewéreld en bring ‘n vorm van kalmte wat geen plant kan nadoen nie. Hier’s 16 maklike projekte wat jy in ‘n paar uur of oor ‘n naweek self kan bou. Geen besonderheid word oorgeslaan nie: van benodigde gereedskap, verskillende materiale, pompe, filters, fonteine, watervalle, voortjies, damme, waterplante tot onderhoud. Projekte (al 16 stapsgewyse verduidelik met teks, foto’s en sketse) sluit in:
‘n Mini-marmerfontein, romantiese fontein, Japanese bamboesspuit, spuitfontein, muurmasker-spuit, rotswaterval en ‘n natuurlike dammetjie.








