Description
Hierdie volledig hersiene Sunbird geillustreerde gids tot die dierelewe van Suider-Afrika is maklik om te gebruik en bevat omvattende beskrywings en duidelike illustrasies van meer as 600 van die mees algemene Suider-Afrikaanse spesies van wilde diere wat jy waarskynlik sal teekom. Daar is ‘?n verspreidingskaart by elke beskrywing en ingesluit is die wetenskaplike en volksnaam, grootte, kleur, habitat, soortgelyke spesies en status van die spesie, asook name in Afrika-tale (Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu), waar toepaslik. Hierdie uitgawe bevat ook inligting oor: Hoe um diere se gedrag te verstaan; hoe om diere in die natuur af te neem; diere wat gevaarlik is vir mense. Die groepe diere wat beskryf word, is: Soogdiere; voels; reptiele; visse; amfibiee; insekte; ander ongewerweldes. Die Sunbird geillustreerde gids tot die Dierelewe van Suider-Afrika is ‘n veldgids wat elke huishouding en reisiger in die streek moet hê.









