Strooidak en Toring – Izak de Villiers

R70.00

Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Uitgegee: 2009 Umuzi
Bladsye: 285
ISBN: 9781415200148

1 in stock

🚚 Free shipping on orders of R450.00 or more (single order only).
🧺 Courier Saving Bag available – build your book bundle over 6 weeks and save on courier costs.
📦 Nationwide shipping available via PAXI, PUDO, PostNet, or Aramex.
📍 Pretoria Local Pickup (Equestria) by appointment only.
For security reasons, collection details will be shared once your pickup time is confirmed.

Description

Izak de Villiers noern homself ‘n “anderster” Afrikaner. Hy is ook ‘n anderster predikant, een wat op direksies van maatskappye gedien het en selfs lank redakteur was van ‘n vrouetydskrif (Sarie) en ‘n groot Sondagkoerant (Rapport).

‘n “Ryklik geskakeerde lewe” noem Etienne van Heerden dit. Uit hierdie lewe vertel hy van ver plekke en vreemde gebeure, van uiteenlopende mense, rnense uit alle stande wat hy raakgeloop het. Hy vertel van sy lewenslange worsteling as Afrikaner met die politiek van sy mense, ook in sy verse. Dit terwyl hy homself “onbeskaamd konserwatief” noem. En dan weer op ‘n dag ‘n sterwende Katoliek se belydenis aanhoor. Hy spaar nie sy oordele oor ander se dade nie, veral nie van politici nie, maar hy staan ook erg krities teenoor homself en skryf, soos hy self sê, “sonder hoed of handskoen”.

Die resultaat is ‘n kyk op ‘n belangrike tydperk in die geskiedenis, ‘n anderster kyk – ook na homself en ‘n lewe van kritiese deernis met mense, van ‘n politieke kritikus wat Tony Leon “‘n ikonoklas op sy eie manier” noem, maar iemand wat sy mense liefhet.

Additional information

Taal / Language

Afrikaans